“Kyk, daar kom dae,”
is die uitspraak van die HERE,
“wanneer Ek vir Dawid
'n regverdige loot sal laat opkom.
Hy sal as koning regeer
en verstandig optree;
hy sal in die land
reg en geregtigheid handhaaf.
In sy dae sal Juda verlos word,
en Israel sal veilig woon.
En dit sal sy naam wees
wat hy genoem word,
‘Die HERE is ons geregtigheid.’ ”