1
Openbaring 19:7
Die Bybel 2020-vertaling
Laat ons bly wees en jubel, en aan Hom die heerlikheid gee, want die •bruilofsfees van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar gereedgemaak.
Vergelyk
Verken Openbaring 19:7
2
Openbaring 19:16
Op sy klere, by sy heup, is 'n Naam geskryf: “Koning van die konings, en Heerser van die heersers”.
Verken Openbaring 19:16
3
Openbaring 19:11
Toe het ek gesien dat die hemel geopen is. En kyk, daar was 'n wit perd! Hy wat daarop sit, word getrou en waar genoem, en met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.
Verken Openbaring 19:11
4
Openbaring 19:12-13
Sy oë was soos 'n vlammende vuur, en op sy kop was daar baie krone. En Hy dra 'n geskrewe Naam, wat niemand ken nie, behalwe net Hy self. Hy het klere aan wat met bloed deurweek is, en sy Naam is Die Woord van God.
Verken Openbaring 19:12-13
5
Openbaring 19:15
Uit sy mond het 'n vlymskerp swaard gekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer. Hy sal ook self die parskuip van die geweldige toorn van God, die Almagtige, trap.
Verken Openbaring 19:15
6
Openbaring 19:20
Die dier is toe gevang, en saam met hom ook die vals profeet, wat in sy teenwoordigheid die tekens gedoen het, waardeur hy die mense mislei het wat die merk van die dier dra en sy beeld aanbid. Hulle twee is lewendig in die vuurpoel met brandende swael gegooi.
Verken Openbaring 19:20
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's