1
Romeine 14:17-18
Die Bybel 2020-vertaling
Die •koninkryk van God is tog nie 'n saak van kos en drank nie, maar van •geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Wie Christus op hierdie manier dien, is aanneemlik vir God en aanvaarbaar by die mense.
Vergelyk
Verken Romeine 14:17-18
2
Romeine 14:8
As ons leef, leef ons immers vir die Here; en as ons sterf, sterf ons vir die Here. Of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here.
Verken Romeine 14:8
3
Romeine 14:19
Kom ons streef dan na die dinge wat die onderlinge vrede en mekaar se opbou bevorder.
Verken Romeine 14:19
4
Romeine 14:13
Daarom, kom ons veroordeel mekaar nie meer nie. Maak dit eerder julle voorneme om nie vir julle broer 'n rede tot aanstoot of struikeling te verskaf nie.
Verken Romeine 14:13
5
Romeine 14:11-12
Want daar staan geskryf: “So seker as wat Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig en elke tong sal My as God bely. ” Elkeen van ons sal dus persoonlik voor God verantwoording moet doen.
Verken Romeine 14:11-12
6
Romeine 14:1
Aanvaar die een wat swak in die geloof is, sonder om oor verskille te argumenteer.
Verken Romeine 14:1
7
Romeine 14:4
Wie is jy om oor iemand anders se huisbediende te oordeel? Of hy staan of val, is iets wat net sy eienaar aangaan. Hy sal egter bly staan, want die Here is in staat om hom staande te hou.
Verken Romeine 14:4
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's