1
Genesis 26:3
Die Boodskap
Bly in die land en trek met jou vee rond. Ek sal saam met jou trek en jou baie voorspoedig maak. Elke plek waar jy kom, sal Ek eendag vir jou en jou kinders gee. Lank gelede het Ek dit al aan jou pa, Abraham, beloof.
Vergelyk
Verken Genesis 26:3
2
Genesis 26:4-5
Jou nageslag sal groot wees. Hulle sal so ontelbaar soos die sterre aan die hemel wees. En al die lande rondom jou sal Ek eendag vir hulle gee. Met jou nageslag sal dit so goed gaan dat al die volke rondom hulle deur hulle geseën sal wees. Al hierdie dinge sal gebeur omdat Abraham geluister het toe Ek met hom gepraat het. Hy was lewenslank aan My getrou: hy het reg geleef, hy het my voorskrifte uitgeleef en gedoen wat Ek hom geleer het.”
Verken Genesis 26:4-5
3
Genesis 26:22
Isak het weggegaan en op ’n ander plek ’n put gaan grawe. Toe niemand daaroor gekla het nie, het hy dit “Ruimte” genoem en gesê: “Die Here het nou vir ons ruimte gemaak. Ons sal baie mense word in dié land.”
Verken Genesis 26:22
4
Genesis 26:2
Daar het die Here vir Isak gesê: “Moenie Egipte toe gaan nie. Bly net hier in die land waarvan Ek jou vertel het.
Verken Genesis 26:2
5
Genesis 26:25
Uit dankbaarheid het Isak vir die Here ’n altaar gebou en Hom aanbid. Hy het ook sy tent daar opgeslaan en sy mense het weer ’n put gegrawe.
Verken Genesis 26:25
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's