1
Obadja 1:17
Die Boodskap
My tempel op die berg Sion sal ’n plek word waarheen die mense vlug. Dit sal die plek wees wat vir My eenkant gesit is. Die nageslag van Jakob sal daar kom kry wat aan hulle behoort.
Vergelyk
Verken Obadja 1:17
2
Obadja 1:15
Die dag waarop die Here met al die nasies sal afreken, is baie naby. Presies net soos jy met ander gemaak het, Edom, sal daar met jou gemaak word. Jy sal presies net so behandel word.
Verken Obadja 1:15
3
Obadja 1:3
Jy woon hoog in die berge waar jy veilig tussen die rotse is. Jy het egter in jou hart ook hoogmoedig geraak en jouself ’n rat voor die oë gedraai. Jy het jou wysgemaak dat niemand jou van daar sal kan afbring ondertoe nie.
Verken Obadja 1:3
4
Obadja 1:4
Maar die Here sê vir jou: Al bou jy jou nes so hoog bo in die berge soos ’n arend, selfs al gaan bly jy daar bo tussen die sterre, Ek sal jou daar gaan afhaal.
Verken Obadja 1:4
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's