1 KRONIEKE 13
13
Dawid probeer die ark skuif
1Dawid het al sy amptenare, insluitend die aanvoerders en offisiere van sy leër, om raad gevra. 2Hy het ook die hele vergadering van Israel toegespreek: “As julle dit goedkeur en dit die wil van die Here ons God is, laat ons boodskappers na al die Israeliete deur die hele land stuur, ook na die priesters en die Leviete in die stede met hulle weiveld. Laat ons hulle nooi om by ons aan te sluit. 3Want nou is die tyd dat ons die ark van ons God na ons toe terugbring, want ons het dit in die dae van Saul verwaarloos.”
4Die hele vergadering het saamgestem, want die volk kon sien dat dit die regte ding is om te doen. 5Dawid het al die mense van Israel bymekaargebring, van een kant van die land na die ander kant toe#13:5 Grondteks vanaf die Sihor in Egipte tot by die ingang na Hamat., om die ark van God uit Kirjat-Jearim te bring.
6Toe het Dawid en die hele Israel na Baäla gegaan wat in Juda is, wat ook Kirjat-Jearim genoem word. Hulle het die ark van God daarvandaan gaan haal. Dit is die ark wat die naam dra van die Here wat tussen die gerubs woon. 7Hulle het die ark van God vanaf die huis van Abinadab op ’n nuwe wa vervoer, met Ussa en Agjo wat dit lei. 8Dawid en almal van Israel het voor God feesgevier met al hulle mag. Hulle het gesing en op allerlei musiekinstrumente gespeel, op siters, harpe, tamboeryne, simbale en trompette.
9Toe hulle by die dorsvloer van Nakon#13:9 Grondteks Kidon. Hier soos in parallelle teks in 2 Sam 6:6. kom, het die osse gestruikel. Ussa wou keer en het sy hand uitgesteek om die ark te keer. 10Die woede van die Here het teen Ussa ontbrand, en Hy het hom doodgeslaan omdat hy sy hand op die ark gesit het. Ussa het daar in die teenwoordigheid van God gesterf. 11Dawid was ontevrede omdat die Here se woede teen Ussa ontbrand het. Hy het daardie plek Peres-Ussa genoem, wat “uitbraak teen Ussa” beteken. Dit word tot vandag toe so genoem.
12Omdat Dawid toe vir God bang was, het hy gevra: “Hoe kan ek ooit die ark van God terugneem in my sorg?” 13Daarom het Dawid besluit om nie die ark na die Stad van Dawid te verskuif nie. Hy het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat gaan. 14Die ark van God het vir drie maande by Obed-Edom se familie in sy huis gebly. Die Here het hom en sy hele huishouding geseën.
Tans Gekies:
1 KRONIEKE 13: NLV
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: