2 KONINGS 16
16
Agas regeer in Juda
1Agas seun van Jotam het in die sewentiende jaar van koning Peka se bewind in Israel oor Juda koning geword. 2Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het en het sestien jaar in Jerusalem regeer. Hy het nie gedoen wat vir die Here reg was soos sy voorvader Dawid nie. 3In plaas daarvan het hy die voorbeeld van die konings van Israel gevolg en selfs sy seun as offer verbrand#16:3 Of selfs sy seun deur die vuur laat gaan.. Hy het die afskuwelike praktyke van die heidennasies wat die Here voor die Israeliete uit die land verdryf het, nagevolg. 4Hy het op die hoogtes en heuwels, asook onder elke groen boom offers gebring en wierook gebrand.
5Koning Resin van Aram en koning Peka seun van Remalja van Israel het teen Agas oorlog verklaar. Hulle het Jerusalem beleër, maar dit nie verower nie. 6In daardie tyd het koning Resin van Aram die stad Elat vir Aram herower, die Judeërs daaruit verdryf en Arameërs gestuur om daar te woon. Dit is nog so tot vandag toe.
7Koning Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Pileser#16:7, 10 Grondteks Pul, ’n ander naam vir Tiglat-Pileser. van Assirië met die boodskap: “Ek is u onderdaan en u seun. Kom en red my uit die mag van die koning van Aram en die koning van Israel, want hulle val my aan.”
8Agas vat toe die silwer en goud wat in die tempel van die Here en die paleis se skatkamers was en stuur dit as geskenk aan die Assiriese koning. 9Die koning van Assirië het toe so gemaak en teen Damaskus, hoofstad van die Arameërs, opgetrek en dit ingeneem. Hy het die inwoners as gevangenes weggeneem en hulle in Kir hervestig. Hy het ook koning Resin doodgemaak.
10Daarna het koning Agas na Damaskus toe gegaan om koning Tiglat-Pileser#16:7, 10 Grondteks Pul, ’n ander naam vir Tiglat-Pileser. van Assirië te ontmoet. In Damaskus het ’n altaar sy aandag getrek. Hy stuur toe ’n afbeelding en die bouplanne daarvan na die priester Urija. 11Urija het ’n altaar presies volgens die koning se planne gebou. Met die terugkoms van die koning uit Damaskus was die altaar klaar. 12Daar aangekom uit Damaskus, het die koning na die altaar gekyk en nadergekom om daarop te offer. 13Die koning het sy brandoffer en sy graanoffer gebring, sy drankoffer uitgegiet en die bloed van sy maaltydoffer teen die altaar uitgegooi. 14Daarna het hy die ou bronsaltaar wat voor die Here gestaan het, verskuif van sy plek voor die Here se tempel. Hierdie plek was tussen die nuwe altaar en die tempel. Die bronsaltaar het hulle nou noord van die nuwe altaar neergesit. 15Koning Agas sê toe vir die priester Urija: “Gebruik die nuwe groot altaar vir die oggendbrandoffer en die aandgraanoffer, vir die koning se brandoffer en graanoffer, en die volk se brandoffer, graanoffer en drankoffer. Die bloed van die brandoffer en ander diere-offers moet teen die nuwe altaar gesprinkel word. Die ou bronsaltaar sal net vir my persoonlike doeleindes gebruik word.” 16Die priester Urija het presies so gedoen soos koning Agas hom beveel het.
17Koning Agas het die sluitplate van die waentjies verwyder, die waskomme weggevat, die waterbak opgelig waar dit op die gegote bronsbeeste gerus het en dit op ’n klipvloer neergesit. 18Hy het die oordekte gang vir die Sabbat wat hulle by die tempel gebou het, asook die buitenste ingang vir die koning, uit ontsag vir die koning van Assirië uit die tempelkompleks verwyder.
19Die ander gebeurtenisse tydens Agas se bewind en wat hy gedoen het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda. 20Toe Agas sterf, is hy in die familiegraf in die Dawidstad begrawe. Sy seun Hiskia het hom opgevolg.
Tans Gekies:
2 KONINGS 16: NLV
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: