DEUTERONOMIUM 29
29
1Dit is die bepalings van die verbond wat die Here vir Moses beveel het om met die Israeliete te maak terwyl hulle in die land Moab was. Dit is bo en behalwe die verbond wat Hy met hulle by Sinaiberg gemaak het.
Moses sluit ’n tweede verbond
2Moses het al die Israeliete bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle het met julle eie oë alles gesien wat die Here in Egipte aan die farao, aan al sy onderdane en die hele land gedoen het, 3al die groot dade van krag, die wondertekens en die verstommende wonders. 4Maar tot vandag toe nog het die Here julle nie die verstand gegee om dit te verstaan, ook nie oë om te sien of ore om te hoor nie! 5Vir 40 jaar lank het ek julle deur die woestyn gelei sonder dat julle klere of sandale ooit verweer het. 6Julle het nie brood of wyn of enige ander sterk drank gehad nie, maar Hy het vir julle kos gegee sodat julle kon ervaar dat die Here julle God is. 7Toe ons hier aankom, het koning Sihon van Gesbon en koning Og van Basan teen ons kom veg, maar ons het hulle verslaan. 8Ons het hulle land by hulle weggevat en dit aan die stamme van Ruben en Gad en aan die halwe stam van Manasse as hulle erfdeel gegee.
9“Daarom, wees gehoorsaam aan die bepalings van hierdie verbond sodat julle voorspoedig kan wees in alles wat julle doen. 10Almal van julle, stamleiers, regters, amptenare, en die hele Israel, staan vandag hier voor die Here julle God. 11Julle kinders, vroue en die vreemdelinge wat tussen julle leef, dié wat vir julle hout kap en water aandra, is ook by julle. 12Julle staan vandag hier om met die Here julle God ’n verbond te sluit. Die Here sluit hierdie verbond met julle en Hy verseël dit met ’n eed. 13Hy wil dit vandag bo alle twyfel stel dat julle sy volk is en dat Hy julle God is, net soos Hy dit aan julle voorouers Abraham, Isak en Jakob belowe het. 14Die Here sluit nie net met julle ’n verbond met al sy verpligtings nie. 15Die Here julle God sluit hierdie verbond met julle wat vandag hier in sy teenwoordigheid is, maar ook met al die toekomstige geslagte van Israel.
16“Julle onthou tog hoe ons in die land Egipte gebly het en deur die lande van vyandelike nasies getrek het toe ons Egipte verlaat het. 17Julle het hulle afskuwelike afgode gesien wat van hout, klip, silwer en goud gemaak is. 18Die Here het sy verbond met julle gesluit sodat geen man, vrou, familie of stam onder julle van die Here julle God sal wegdraai om hierdie gode van die ander nasies te aanbid nie, en sodat daar geen wortel onder julle mag wees wat bitter en giftige vrugte dra nie. 19Laat niemand van julle wat die waarskuwings van hierdie eed hoor, hulleself alte hoog ag en by hulleself dink: ‘Ek is veilig, selfs al hou ek aan om my eie harde kop te volg,’ nie. Dit sal net tot verwoesting lei. 20Die Here sal sulke mense nie vergewe nie. Sy woede en sy wrewel sal teen hulle opvlam. Al die vervloekings wat in hierdie boek beskryf is, sal oor hulle kom en die Here sal hulle name onder die hemel uitwis. 21Die Here sal hulle van al die stamme van Israel afsonder sodat al die rampe hom kan tref volgens die vervloekings van die verbond wat opgeskryf is in hierdie boek van die gebooie.
22“Dan sal die geslagte wat kom, julle kinders wat ná julle kom, en die vreemdelinge wat van ver lande af kom, die verwoesting van die land en siektes sien wat die Here teen hierdie land stuur. 23Hulle sal vind dat die grond in swael en sout verander, met niks wat geplant kan word en niks wat kan groei nie, selfs nie eers ’n groen blaartjie nie. Dit sal net soos Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim wees wat die Here in sy woede vernietig het. 24Die naburige nasies sal vra: ‘Waarom het die Here so met hierdie land gemaak? Wat het Hom so kwaad gemaak?’
25“Hulle sal ingelig word: ‘Dit het gebeur omdat die volk van die land die verbond verbreek het wat die Here, die God van hulle voorouers, met hulle gesluit het toe Hy hulle uit Egipte gelei het. 26Hulle het ander, vreemde gode gaan dien en aanbid, gode wat hulle nie geken het nie en wat ook nie vir hulle bedoel was nie. 27Dit is waarom die Here se woede teen hierdie land ontbrand het en hoekom Hy al die vervloekings wat in hierdie boek beskryf is, oor die land gebring het. 28Die Here was so woedend dat Hy sy volk uit die land geruk het en hulle in ballingskap in ’n ander land gaan gooi het, waar hulle vandag nog leef!’
29“Die geheime dinge is vir die Here ons God. Die dinge wat wel bekendgemaak is, is vir ons en ons nageslag vir altyd sodat ons kan lewe volgens die woorde van hierdie gebooie.”
Tans Gekies:
DEUTERONOMIUM 29: NLV
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: