DEUTERONOMIUM 6:10-12

DEUTERONOMIUM 6:10-12 NLV

“Die HERE jou God bring jou binnekort in die land wat Hy aan jou voorouers Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het. Dit is ’n land met groot en mooi stede, stede waaraan jy nie gebou het nie. Die huise is vol met goeie goed waarvoor jy nie gewerk het nie. Jy sal water skep uit putte wat jy nie self gegrawe het nie. Jy sal van wingerde en olyfbome eet wat jy nie self geplant het nie. Wanneer jy jou in die land versadig geëet het, sorg dan dat jy nie die HERE vergeet nie. Dit is Hy wat jou van die slawerny in Egipte gered het.