PREDIKER 5:1-7

PREDIKER 5:1-7 NLV

Moenie te gou praat nie. Moenie oorhaastig iets aan God belowe nie. Onthou: God is in die hemel en jy is op die aarde. Laat jou woorde min wees. Baie aktiwiteit gee jou rustelose drome. Net so kom dwaasheid van te veel woorde. As jy iets aan God belowe het, moenie versuim om dit te doen nie. Hy het nie tyd vir dwase nie. Doen wat jy beloof het. Dis baie beter om niks te belowe nie as om iets te belowe wat jy nie doen nie. Moenie dat jou mond jou na sonde lei nie. Moenie jouself verontskuldig by die verteenwoordiger van die tempel deur te sê: “My belofte was ’n fout!” nie. Hoekom wil jy God kwaad maak met wat jy sê sodat Hy die werk van jou hande vernietig? Want soos daar baie drome is wat sinloos is, so is daar ook baie woorde. Maar jy moet ontsag hê vir God. Moenie verbaas wees as jy sien arm mense word verdruk en hulle regte word in die land misken nie. Alle amptenare is onder gesag van iemand bo hulle. En oor hulle is daar ook weer ’n hoër gesag.