JAKOBUS 1:1-4

JAKOBUS 1:1-4 NLV

Hierdie brief kom van Jakobus, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus. Ek skryf aan die Joodse Christene wat oor die wêreld versprei is. Groete! My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JAKOBUS 1:1-4