LEVITIKUS 9
9
Die priesters begin hulle bediening
1Na die wydingseremonie, op die agtste dag, het Moses vir Aäron en sy seuns en die leiers van Israel bymekaargeroep. 2Hy het vir Aäron gesê: “Neem ’n jong bul as ’n sonde-offer en ’n ram as ’n brandoffer en gee dit vir die Here. Al twee diere moet sonder enige liggaamsgebrek wees. 3Sê dan vir die Israeliete om ’n bokram as sonde-offer en ’n jaaroud bulkalf en ’n lam as brandoffer te bring, almal sonder liggaamsgebrek. 4Sê ook vir hulle om ’n bees en ’n ram as ’n maaltydoffer te bring en meel gemeng met olyfolie as ’n graanoffer. Sê vir hulle om al hierdie offers aan die Here te bring omdat Hy vandag aan julle gaan verskyn.”
5Die volk het toe al hierdie dinge na die voorkant van die tent van ontmoeting#8:31, 33, 35; 9:5, 23 Of tabernakel. toe gebring, net soos Moses hulle beveel het. Die hele gemeenskap het gekom en daar in die teenwoordigheid van die Here gestaan. 6Toe het Moses gesê: “As julle hierdie instruksies van die Here volg, sal die glorieryke teenwoordigheid van die Here sigbaar word voor julle.”
7Moses sê toe vir Aäron: “Kom na die altaar toe en bring jou sonde-offer en brandoffer om versoening te bewerk vir jouself. Bring dan die offers om ook versoening te bewerk vir die volk, net soos die Here beveel het.”
8Aäron het na die altaar toe gegaan en ’n kalf geslag as ’n sonde-offer vir homself. 9Sy seuns het vir hom die bloed gebring, hy het sy vinger in die bloed gedruk en dit aan die horings van die altaar gesmeer. Die res van die bloed het hy teen die kant van die altaar uitgegooi. 10Toe het hy die vet, die niere en die punt van die lewer van die sonde-offer op die altaar verbrand, net soos die Here vir Moses beveel het. 11Die vleis en die vel is aan die buitekant van die kamp verbrand.
12Aäron het toe ook die dier vir die brandoffer geslag. Sy seuns het vir hom die bloed gebring en hy het dit teen die kante van die altaar gesprinkel. 13Hulle het die dier stuk vir stuk saam met die kop vir hom aangegee en hy het elke deel op die altaar verbrand. 14Hy het toe die binnegoed en die bene gewas en dit ook as ’n brandoffer op die altaar verbrand.
15Daarna het Aäron die offers vir die volk gebring. Hy het die bokram geslag en as sonde-offer vir die volk gebring net soos hy dit vir homself gedoen het. 16Hy het toe ook die brandoffer gebring en dit op die voorgeskrewe manier geoffer. 17Hy het ook ’n graanoffer gebring en ’n hand vol meel op die altaar verbrand, bo en behalwe die gebruiklike oggendbrandoffer.
18Aäron het toe die bees en die ram as die volk se maaltydoffer geslag. Sy seuns het die bloed vir hom gebring en hy het dit teen die kante van die altaar gesprinkel. 19Toe het hy die vet van die bul en die ram – die vet van die stert, die vet rondom die binnegoed, saam met die niere en die punt van die lewer – gevat en 20dit bo-op die borsstukke van die diere gepak en dit toe op die altaar verbrand. 21Aäron het die borsstukke en die regterboud opgelig as ’n offer vir die Here, net soos Moses beveel het.
22Na al die dinge het Aäron sy hande uitgesteek na die volk toe en hulle geseën. Nadat hy die sonde-offer, die brandoffer en die maaltydoffer gebring het, het hy van die altaar af geklim. 23Moses en Aäron het toe in die tent van ontmoeting#8:31, 33, 35; 9:5, 23 Of tabernakel. ingegaan en toe hulle uitkom, het hulle weer die volk geseën. Die glorieryke teenwoordigheid van die Here het toe vir die hele gemeenskap sigbaar geword. 24Vuur wat van die Here gekom het, het die brandoffer en die vet op die altaar verteer. Toe die volk al die dinge sien, was daar uitroepe van vreugde en het hulle op die grond neergeval.
Tans Gekies:
LEVITIKUS 9: NLV
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: