LUKAS 3:16-18

LUKAS 3:16-18 NLV

Hy het hulle vrae beantwoord deur te sê: “Ek doop met water, maar Iemand wat groter is as ek, kom binnekort – Iemand soveel groter dat ek nie eens werd is om sy slaaf te wees nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. “Hy is gereed om met sy gaffel die kaf van die koring te skei. Hy sal dan die dorsvloer skoonmaak en die graan in sy skuur bêre en die kaf met onblusbare vuur verbrand.” Johannes het baie sulke waarskuwings gebruik in sy verkondiging van die Goeie Nuus aan die mense.