NEHEMIA 13:1-2

NEHEMIA 13:1-2 NLV

Op daardie selfde dag het hulle ook die boek van Moses vir die mense voorgelees. In die boek was ’n opdrag dat geen Ammoniet of Moabiet ooit in ’n byeenkoms van die volk van God mag kom nie. Hierdie mense het destyds nie brood en water vir die Israeliete voorsien nie. Trouens, hulle het eerder vir Bileam gehuur om hulle te vervloek. Maar ons God het die vloek in ’n seën verander.