By die riviere van Babel het ons gesit en gehuil wanneer ons aan Sion dink. Ons het ons liere daar aan die wilgerbome opgehang. Dié wat ons weggevoer het, het ons gevra om ’n lied te sing. Ons verdrukkers het gesê ons moet ’n vreugdelied sing: “Sing vir ons ’n Sionslied!” Maar hoe kan ons in ’n vreemde land ’n lied van die HERE sing?
Lees PSALMS 137
Luister na PSALMS 137
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 137:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's