OPENBARING 22
22
Die rivier met lewegewende water
1Toe het die engel aan my die rivier met lewegewende water#22:1 Grondteks met die water van die lewe. gewys. Dit is helder soos kristal en vloei vanaf die troon van God en van die Lam. 2Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe#22:2 Of ’n boom wat lewe gee.. Dit dra twaalf keer per jaar vrug; elke maand dra hy sy vrugte. En die blare van dié boom gee genesing aan die nasies.
3Geen vervloeking van enigiets sal langer meer bestaan nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad staan en sy diensknegte sal Hom dien. 4Hulle sal Hom vol in die oë kyk, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5Daar sal ook geen behoefte aan die lig van ’n kandelaar of van die son wees nie omdat die Here God vir hulle lig sal gee, en hulle sal vir altyd as konings regeer.
Die Here Jesus se terugkeer is seker
6Die engel het toe aan my gesê: “Hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar. Die Here God wat sy Gees aan die profete gegee het, het sy engel gestuur om aan sy diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.”
7Jesus#22:7, 12 Alhoewel die grondteks nie na Jesus as spreker verwys nie, is dit duidelik dat Hy hier aan die woord kom. sê toe:
“Kyk, Ek kom gou!
Geseënd is elkeen
wat die profetiese woorde
in hierdie boekrol gehoorsaam.”
8Ek, Johannes, het hierdie dinge gehoor en gesien. En toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval voor die voete van die engel wat al hierdie dinge aan my uitgewys het. 9Maar hy sê aan my: “Oppas, moenie! Ek is maar net ’n mededienskneg van jou en van jou medegelowiges#22:9 Grondteks broers., naamlik die profete, en van dié wat die woorde van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God!”
10Hy het toe aan my ’n opdrag gegee: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boekrol verseël nie, want die eindtyd is naby.
11“Wie aanhou om kwaad te doen, moet nog meer kwaad doen en wie vuil is, moet vuil bly, maar wie reg optree, moet voortgaan om reg te doen, en wie aan God toegewy is#22:11a Grondteks hy wat heilig is., moet ook verder aan God toegewy bly#22:11b Grondteks verder geheilig bly..”
12Jesus#22:7, 12 Alhoewel die grondteks nie na Jesus as spreker verwys nie, is dit duidelik dat Hy hier aan die woord kom. sê: “Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het. 13Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.”
14Geseënd is dié wat hulle klere skoon was sodat hulle aanspraak mag hê op die boom van die lewe#22:14, 19 Of boom wat lewe gee., en mag ingaan deur die poorte van die stad.
15Al die onreines#22:15 Grondteks die honde. bly buite – die towenaars, dié wat seksuele sondes doen, die moordenaars, die afgodsdienaars en elkeen wat die leuen liefhet en lieg.
16“Ek, Jesus, het my engel gestuur om al die dinge aan julle in die gemeentes te verkondig. Ek is die Wortel, die Nakomeling van Dawid, die helder Môrester.”
17Die Gees en die bruid sê toe:
“Kom!”
En elkeen wat dit hoor,
moet sê:
“Kom!”
En elkeen wat dors het,
moet kom;
elkeen wat smag
na die lewegewende water#22:17 Of die water van die lewe.,
moet kom haal, verniet!
18Ek getuig plegtig teenoor elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boekrol hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom as straf die plae byvoeg waarvan in hierdie boekrol geskryf is, 19en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boekrol wegneem, sal God sy deel wegneem aan die boom van die lewe#22:14, 19 Of boom wat lewe gee. en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is.
20Hy wat hierdie dinge getuig, sê:
“Ja, Ek kom gou!”
Amen! Kom, Here Jesus!
21Mag die genade#22:21 Of onverdiende goedheid. van die Here Jesus met julle almal wees.
Tans Gekies:
OPENBARING 22: NLV
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: