1 Kronieke 16:23-31

1 Kronieke 16:23-31 ABA

Julle moet vir die Here sing, al die mense op die aarde moet dit doen. Julle moet elke dag die goeie nuus bring dat die Here mense red. Julle moet vir die volke vertel, vir al die volke, julle moet vertel dat die Here Koning is en dat Hy wonderwerke doen. Want die Here is groot, mense moet Hom baie prys, hulle moet vir Hóm bang wees, nie vir al die afgode nie. Want al die gode van die volke beteken niks, maar dit is die Here wat die hemel gemaak het. Almal wat Hom dien, weet dat Hy Koning is, almal in sy woonplek is bly, hulle weet dat Hy die sterk Koning is. “Julle almal, al die volke, julle moet die Here prys, julle moet Hom prys, want Hy is Koning, Hy is sterk. Julle moet die Naam van die Here prys, julle moet presente bring en na Hom toe kom, julle moet buig voor die Here, die heilige Koning. Al die mense op die aarde, julle moet bang wees vir Hom en bewe. Hy laat die aarde vas staan, dit skud nie. Die hemel moet bly wees, die aarde moet juig, hulle moet vir die volke sê: ‘Die Here is Koning.’