1 Petrus 1:17-21

1 Petrus 1:17-21 ABA

Julle bid tot God en julle noem Hom julle Vader. Hy dink nie dat een mens belangriker is as 'n ander mens nie en daarom sal Hy elke mens oordeel oor wat hy gedoen het. Daarom moet julle vir God respekteer terwyl julle soos vreemdelinge in die wêreld is. Julle weet dat Christus julle vrygemaak het van die slegte lewe wat niks beteken nie, julle het by julle voorvaders geleer om so te lewe. Christus het julle vrygemaak, maar Hy het julle nie gekoop met silwer of goud nie. Dit is dinge wat kan ophou om iets te beteken. Nee, Christus het julle vrygemaak met iets wat baie beter is, Hy het julle vrygemaak toe Hy gesterf het. Hy het gesterf soos 'n lam wat 'n offer was, 'n lam wat heeltemal gesond en perfek was. God het vir Christus gekies om dit te doen voordat God die wêreld gemaak het. Nou is dit die einde van die tyd, God het Christus vir julle gestuur. Julle glo in God omdat julle aan Christus behoort. Christus was dood, maar God het Hom weer laat lewe en God het Hom Koning gemaak. Daarom glo julle in God, julle weet en julle is seker dat Hy julle sal red.