1 Samuel 28:7-8

1 Samuel 28:7-8 ABA

Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Julle moet vir my sê waar is 'n vrou wat met die geeste van dooie mense praat, ek wil vir haar vra wat ek moet doen.” Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is so 'n vrou in En-Dor.” Saul het ander klere aangetrek sodat niemand kon sien wie hy is nie, en hy en twee manne het na die vrou toe gegaan. Hulle het in die nag by die vrou gekom, en Saul het vir haar gesê: “Jy moet vir my help, jy moet praat met die gees van 'n dooie man. Ek sal vir jou sê wie jy moet laat kom.”