Maar vriende, julle lewe nie in die donker nie, julle weet hoe julle moet lewe. Julle sal gereed wees wanneer die dag van die Here kom. Dit sal nie soos 'n dief na julle toe kom nie. Julle almal hou van die lig en van die dag. Ons lewe nie soos mense wat hou van die nag en van die donker nie. Daarom moet ons nie slaap soos die mense wat nie in Christus glo nie. Ons moet wees soos mense wat wakker is en nie dronk is nie. Mense wat slaap, slaap in die nag, en mense wat dronk word, word in die nag dronk. Maar ons wat hou van die dag, ons moenie soos dronk mense wees nie. Ons moet die oorlogklere aantrek wat God vir ons gee: Hierdie klere is 'n harnas en 'n helm. Die harnas help ons om aan te hou glo en om lief te wees vir ander mense. Die helm help ons om aan te hou hoop dat God ons sal red wanneer die Here Jesus Christus weer kom.
Lees 1 Tessalonisense 5
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Tessalonisense 5:4-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's