2 Kronieke 28:1-4
2 Kronieke 28:1-4 ABA
Agas was 20 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 16 jaar lank koning in Jerusalem. Sy voorvader Dawid het dinge gedoen waarvan die Here hou, maar Agas het nie gedoen soos sy voorvader Dawid nie. Agas het verkeerd gelewe soos die konings van Israel en hy het ook beelde laat maak van die Baäls. Agas het ge-offer in die Ben-Hinnom-vallei en hy het sy seuns verbrand. Hy het dinge gedoen wat die Here gehaat het. Die volke wat voorheen in die land gewoon het, het dieselfde dinge gedoen, en die Here het hulle weggejaag sodat die Israeliete in die land kon woon. Agas het ge-offer en hy het wierook gebrand op die offer-plekke en op die heuwels en onder elke groen boom.

