2 Konings 3
3
Joram word koning van Israel
1Joram seun van Agab het in Samaria koning van Israel geword in die agtiende jaar nadat Josafat koning van Juda geword het. Joram was twaalf jaar lank koning. 2Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, maar dit was nie so sleg soos die dinge wat sy pa en sy ma gedoen het nie. Hy het die klip-paal van Baäl weggevat. Dit was die klip-paal wat sy pa laat maak het. 3Maar hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het. Jerobeam het die Israeliete ook daardie sondes laat doen.
Joram maak oorlog teen die Moabiete
4Koning Mesa van Moab was 'n skaapboer. Hy moes elke jaar vir die koning van Israel 100 000 lammers en die wol van 100 000 skaap-ramme gee. 5Maar ná die dood van Agab het die koning van Moab opstandig geword teen die koning van Israel. 6Koning Joram het toe uit Samaria gegaan en hy het al die manne van Israel laat kom om oorlog te maak. 7Hy het ook 'n boodskap gestuur na koning Josafat van Juda en gevra: “Die koning van Moab het opstandig geword teen my. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan oorlog maak?”
Josafat het geantwoord: “Ek sal saamgaan. Ek sal by jou wees, my manne sal by jou manne wees, en my perde by jou perde. 8Maar op watter pad sal ons gaan?”
Joram het geantwoord: “Op die pad na die woestyn van Edom.”
9Die koning van Israel, die koning van Juda en die koning van Edom het toe deur die woestyn gegaan, maar ná sewe dae was daar nie meer water vir die manne en die diere wat by hulle was nie. 10Die koning van Israel sê toe: “Ek dink die Here het ons drie geroep om ons vir die Moabiete te gee.”
11Maar toe sê Josafat: “Is hier 'n profeet van die Here? Dan kan ons vir die Here vra wat sal gebeur.”
Een van die koning van Israel se amptenare het geantwoord: “Ja, Elisa seun van Safat is hier. Hy is die man wat vir Elia bedien het.”
12Josafat sê toe: “Ons kan vir Elisa vra wat die Here sê.”
Die drie konings het toe na Elisa toe gegaan. 13Maar Elisa het vir die koning van Israel gesê: “Hoekom kom jy na mý toe? Gaan na jou pa en jou ma se profete toe.”
Die koning van Israel sê toe: “Nee, want ek dink die Here het ons drie konings geroep om ons vir die Moabiete te gee.”
14Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe, die Here wat oor alles regeer, die Here vir wie ek werk, ek sou nie na jou gekyk het nie, en ek sou jou nie gesien het nie. Maar ek respekteer vir Josafat koning van Juda, daarom sal ek doen wat jy vra. 15Maar bring vir my iemand wat op 'n lier kan speel.”
Hulle het iemand gebring, en terwyl die man op die lier gespeel het, het die Here met Elisa gepraat. 16Elisa het toe gesê: “Die Here sê: Ek sal hierdie vallei vol water maak. 17Ja, die Here sê: Daar sal nie wind of reën wees nie, maar hierdie vallei sal vol water word, en julle en julle diere sal water hê om te drink. 18En dit is vir die Here maklik om dit te doen. Hy sal julle ook laat wen teen die Moabiete. 19Julle sal al die stede wat sterk mure het, oorwin. Julle sal al die belangrike stede afbreek en die vrugtebome afkap en die fonteine toemaak, en die vrugbare grond vol klippe gooi.”
20En die volgende oggend, die tyd wanneer die priesters die koring-offer moet bring, kom daar skielik water van Edom af, en die land het vol water geword.
21Al die Moabiete het gehoor dat die drie konings wil kom oorlog maak teen hulle, en hulle het al die manne geroep wat kon veg. Hulle het by die grens van die land gaan staan. 22Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, het die son op die water geskyn, en die Moabiete het gedink die water is rooi van die bloed. 23Hulle het gesê: “Dit is bloed. Die drie konings het miskien teen mekaar begin veg en hulle het mekaar se manne doodgemaak. Kom, Moabiete, ons moet hulle goed gaan vat!”
24Maar toe die Moabiete by die tente van die Israeliete kom, het die Israeliete hulle aangeval en oorwin. Die Moabiete het gevlug. Die Israeliete het verder in die land Moab ingegaan en hulle het die Moabiete daar oorwin. 25Die Israeliete het die stede verwoes. Hulle het al die vrugbare grond vol klippe gegooi en al die fonteine toegemaak en al die vrugtebome afgekap. Later het net een stad se mure bly staan, dit was Kir-Gareset. Maar die manne wat met slingervelle gooi, het die stad van al die kante aangeval en hulle het dit oorwin. 26Toe die koning van Moab sien dat die drie konings sy manne oorwin, het hy 700 manne wat met swaarde veg, saam met hom geneem. Hulle het probeer om tussen die manne van die drie konings deur te gaan tot by Edom, maar hulle het dit nie reggekry nie. 27Toe vat die koning van Moab sy oudste seun wat ná hom koning sou word, en hy offer hom op die muur. Hy het hom heeltemal verbrand. Die Israeliete was só geskok en ontsteld dat hulle weggegaan het, terug na hulle land.
Tans Gekies:
2 Konings 3: ABA
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

: