2 Timoteus 4:7-8

2 Timoteus 4:7-8 ABA

Dit is nie maklik om in Christus te glo nie, dit is soos wanneer iemand boks of wanneer hy resies hardloop. Ek het die resies klaar gehardloop, ek het aangehou om te glo. Nou weet ek dat ek eendag die lourier-krans sal kry. Die Here besluit reg, Hy sal op daardie dag die kransie vir my gee. Hy is die Regter wat altyd reg besluit. Hy sal die kransie nie net vir my gee nie, Hy sal dit gee vir almal wat lief is vir Hom, vir almal wat wag dat Hy sal verskyn.