Handelinge 13:50-52

Handelinge 13:50-52 ABA

Maar die Jode het gepraat met die belangrike vroue wat vir God respekteer, en met die belangrike mans in die stad. Die Jode het vir hulle gesê hulle moet téén Paulus en Barnabas wees. Ja, die Jode het begin om vir Paulus en Barnabas baie swaar te laat kry, en die Jode het hulle weggejaag van daardie plek. Paulus en Barnabas het die stof van hulle voete afgeskud om 'n teken te wees teen die Jode, en toe het hulle na die stad Ikonium gegaan. Die gelowiges het aangehou om bly te wees, en die Heilige Gees was in hulle.