Deuteronomium 11:26-28

Deuteronomium 11:26-28 ABA

“Julle moet dit weet, julle moet vandag kies: Wil julle hê die Here moet julle seën, of wil julle hê Hy moet julle vervloek? Hy sal julle seën as julle gehoorsaam is aan die wette wat ek vandag vir julle gee en Hy sal julle vervloek as julle nie gehoorsaam is aan sy wette nie, as julle ophou om te lewe soos ek vandag vir julle sê en as julle ander gode gaan dien, gode wat julle voorheen nie geken het nie.