Jy moenie te gou praat nie, jy moenie te gou iets aan God belowe nie, want God is in die hemel en jy is op die aarde. Daarom moet jy versigtig wees wat jy sê. Wanneer jy besig is met baie dinge, dan droom jy baie dinge. Wanneer jy baie praat, dan praat jy soos 'n dwaas. Maar wanneer jy 'n gelofte gemaak het aan God, dan moet jy dit doen, jy moenie wag nie, want Hy hou nie van dwase nie. Jy moet doen wat jy belowe het. Dit is beter om nie te belowe nie as om te belowe en dit nie te doen nie. Jy moenie dinge sê wat vir jou sonde laat doen nie, jy sal daaroor swaarkry. Jy moenie daardie dinge doen nie, want dan sal jy vir die boodskapper van God moet sê: “Ek het 'n fout gemaak, ek het verkeerde dinge gepraat.” Jy moenie dinge sê wat vir God kwaad maak nie. Hy sal alles verwoes wat jy gemaak het. Mense droom baie en hulle praat baie, en wat hulle sê, is nie soos dit moet wees nie. Maar jy moet vir God respekteer. Jy sien miskien dat distrikshoofde die mense verdruk wat niks het nie. Jy sien dat hulle nie reg doen nie en nie regverdig is nie. Jy moenie verbaas wees daaroor nie, want die belangrike amptenaar is die hoof van die ander amptenare en hy beskerm hulle. Die belangrikste amptenaar is die hoof van die belangrike amptenare en hy beskerm hulle.
Lees Prediker 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Prediker 5:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's