Efesiërs 4:17-19

Efesiërs 4:17-19 ABA

Ek sê nou vir julle iets wat baie belangrik is vir die Here: Julle het voorheen gelewe soos die heidene lewe. Hulle dink en doen dinge wat niks beteken nie. Julle moenie soos hulle lewe nie. Die heidene lewe soos mense wat niks kan verstaan nie, hulle is ver van God en hulle het nie die ware lewe nie omdat hulle niks van God wil weet nie. Hulle harte is so hard soos klip. Hulle voel nie skaam wanneer hulle verkeerde dinge doen nie. Hulle doen meer en meer slegte dinge, omdat hulle altyd meer en meer wil hê.