Esra 6:22

Esra 6:22 ABA

Hulle het die Fees van die Ongesuurde Brood sewe dae lank gevier. Hulle was bly, want die Here het hulle bly gemaak. Hy het die hart van die koning van Assirië verander. Die koning was toe goed vir hulle en hy het hulle gehelp om die werk te doen by die tempel van die God van Israel.