Hebreërs 10:26-27

Hebreërs 10:26-27 ABA

Want as ons sonde doen en ons weet dat ons sonde doen, maar ons doen dit nadat ons geleer het en weet wat die waarheid is, dan sal 'n sonde-offer nie meer help om ons sondes te vergewe nie. Nee, dan moet ons bang wees omdat ons weet dat God ons sal oordeel, sy straf sal wees soos 'n baie warm vuur wat almal verbrand wat teen God is.