Hebreërs 3:12-14

Hebreërs 3:12-14 ABA

My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie. Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “ vandag.” Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het.