Jesaja 40:13-15

Jesaja 40:13-15 ABA

Wie mag vir die Here sê wat Hy moet dink, wie mag vir Hom sê wat die regte dinge is wat Hy moet doen? Vir wie het die Here gevra wat Hy moet doen? Wie het vir Hom geleer en vir Hom gesê wat die regte ding is om te doen? Wie het vir Hom geleer om alles te verstaan? Niemand. Al die volke beteken niks, ook die mense by die see beteken niks. Hulle is soos 'n druppel water uit 'n emmer, hulle is soos 'n bietjie stof op 'n weegskaal.