Jeremia 31:33-34

Jeremia 31:33-34 ABA

Die Here sê: “Die verbond wat Ek later met die Israeliete sal maak, sal só wees: Ek sal my wette op hulle harte skryf sodat dit binne-in hulle sal wees. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. Hulle sal nie meer vir mekaar leer of sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie. Hulle almal sal My ken, onbelangrike en belangrike mense, want Ek sal hulle sondes vergewe, die dinge wat hulle verkeerd gedoen het, Ek sal nie meer dink aan hulle sondes nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jeremia 31:33-34