Ek het hierdie dinge vir julle gesê terwyl Ek nog by julle was. Later, wanneer Ek weggegaan het, sal die Vader vir julle 'n Helper stuur om by julle te wees omdat Ek nie meer by julle is nie. Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het. Nou gaan Ek weg en Ek laat vrede by julle bly. Ja, Ek gee my vrede vir julle. Maar Ek gee nie vrede soos die mense van die wêreld vrede gee nie. Julle moenie bang en ontsteld wees nie. “Julle het gehoor dat Ek vir julle sê Ek gaan weg, en Ek kom weer terug na julle toe. As julle lief is vir My, dan sal julle bly wees dat Ek teruggaan na die Vader, want Hy is belangriker as Ek. Ek het nou vir julle alles vertel voordat dit gebeur, sodat julle in My sal glo wanneer dit gebeur. Ek sal nie meer baie met julle praat nie, want die Satan, die leier van die mense van die wêreld, kom. Hy is nie sterker as Ek nie, maar Ek wil graag hê die mense van die wêreld moet weet dat Ek lief is vir die Vader. Daarom doen Ek alles wat die Vader vir My gesê het. Julle moet nou opstaan, want ons moet gaan.”
Lees Johannes 14
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Johannes 14:25-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's