Johannes 18:1-8

Johannes 18:1-8 ABA

Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy saam met sy dissipels buitetoe gegaan. Hulle het na die ander kant van die Kedron-vallei gegaan. Daar was 'n tuin, en hulle het in die tuin ingegaan. Judas, wat vir Jesus verraai het, het ook geweet waar die tuin is, want Jesus en sy dissipels het baie maal daarnatoe gegaan. Daarom het Judas soldate gaan roep en ook party van die priesterleiers en die Fariseërs se wagte. Hulle het lampe, fakkels en wapens saamgeneem en hulle het by die tuin gekom. Jesus het voor daardie tyd geweet wat alles met Hom sal gebeur. Daarom het Hy na Judas en die soldate toe geloop en Hy het vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?” Hulle het vir Hom gesê: “Ons soek vir Jesus van Nasaret.” Jesus het gesê: “Dit is Ek.” Judas het ook daar by hulle gestaan. Dit was hy wat vir Jesus verraai het. Toe Jesus vir hulle sê Hy is Jesus vir wie hulle soek, het hulle geskrik en op die grond geval. Jesus het weer vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?” Hulle het gesê: “Ons soek vir Jesus van Nasaret.” Jesus het vir hulle gesê: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. Dit is vir Mý wat julle wil vang, daarom kan julle my dissipels laat gaan.”

Video vir Johannes 18:1-8

Gratis leesplanne en oordenkings oor Johannes 18:1-8