Toe die son opkom, het God ook 'n warm oostewind laat waai, en die son het Jona se kop gebrand. Jona het amper flou geword en hy het gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Ek wil sterf, ek wil nie lewe nie.” God het vir Jona gevra: “Dink jy dit is reg om kwaad te word oor die plant?” En Jona het gesê: “Ja, dit is reg! Ek is so kwaad dat ek kan sterf!” Die Here het vir Jona gesê: “Jy is bekommerd oor die plant, maar jy het dit nie geplant nie, jy het nie gewerk om dit te laat groei nie. Jy het nie die plant opgepas nie. Die plant het in die nag begin groei en dit het in die nag doodgegaan. Maar jy sê Ek mag nie bekommerd wees oor die stad Nineve nie. Dit is 'n groot stad, daar is meer as 120 000 mense in die stad. Hulle weet nie wat is reg en wat is verkeerd nie. Daar is ook baie diere in die stad. Mag Ek nie oor hulle bekommerd wees nie?”
Lees Jona 4
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Jona 4:8-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's