Josua 19

19
Die grond van die Simeon-stam
1Toe Josua weer lootjies trek, het die families in die Simeon-stam hulle grond gekry. Hulle grond was binne-in die grond van die Juda-stam. 2Die stede wat hulle gekry het, was: Berseba, Seba, Molada, 3Gasar-Sual, Baäla, Esem, 4Eltolad, Betul, Gorma, 5Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim, 6Bet-Lebaot en Sarugen. Hulle het hierdie 13 stede en die dorpies daar naby gekry. 7Hulle het ook die vier stede Ajin, Rimmon, Eter en Asan gekry en die dorpies daar naby, 8en ook nog al die dorpies naby die stede tot by die stede Baälat-Beër en Rama in die Suid-land. Dit was die stede van die families in die Simeon-stam. 9Die stam het 'n deel van Juda se grond gekry, want die grond wat Juda gekry het, was te veel vir hulle. Die Simeon-stam het grond gekry binne-in die Juda-stam se grond.
Die grond van die Sebulon-stam
10Toe Josua die derde lootjie trek, het die Sebulon-stam hulle grond gekry. Die grens van hulle grond was tot by die stad Sarid. 11Na die westekant gaan die grens dan na die stad Marala, en dan tot by die stad Dabbeset en die vallei naby die stad Jokneam. 12Na die ooste gaan die grens van Sarid tot teen die grens van die stad Kislot-Tabor, en dan na die stad Daberat en op na die stad Jafia. 13Van daar gaan die grens oos na die stede Gat-Gefer en Et-Kasin, dan na die stad Rimmon, en dan draai die grens na die stad Nea. 14In die noorde draai die grens na die stad Gannaton, en dan gaan dit tot by die stad Jiftag-El. 15Ander stede wat hulle gekry het, is Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem. Dit was almal saam twaalf stede en die dorpies daar naby. 16Hierdie stede en die dorpies daar naby is die grond van die families in die Sebulon-stam.
Die grond van die Issaskar-stam
17Josua het die vierde lootjie getrek, die families in die Issaskar-stam het toe hulle grond gekry. 18Die stede wat aan hulle behoort, is: Jisreël, Kesulot, Sunem, 19Gafarajim, Sion, Anagarat, 20Rabbit, Kisjon, Ebes, 21Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes. 22Hulle grens gaan langs die stede Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en dan tot teen die Jordaan-rivier. Hulle het 16 stede en die dorpies daar naby gekry. 23Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Issaskar-stam.
Die grond van die Aser-stam
24Josua het die vyfde lootjie getrek, die families in die Aser-stam het toe hulle grond gekry. 25Die stede wat aan hulle behoort, is: Gelkat, Gali, Beten, Aksaf, 26Alammelek, Amad en Misal. By die westekant gaan die grens langs Karmel-berg en die stad Sigor-Libnat verby. 27Dan draai die grens oos na die stad Bet-Dagon, en dit gaan langs die grond van die Sebulon-stam en by die stad Ge-Jiftag-El verby na die noorde, na die stede Bet-Emek en Neïel, en dan na die stad Kabul in die noorde 28en na die stede Abdon, Regob, Gammon en Kana, en dan tot by die stad Groot-Sidon. 29Dan gaan die grens na die stad Rama en tot by die stad Tirus wat sterk mure het, dan na die stad Gosa, en dan gaan dit tot teen die see naby die stad Aksib en 30die stede Uma, Afek en Regob. Hulle het 22 stede en die dorpies daar naby gekry. 31Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Aser-stam.
Die grond van die Naftali-stam
32Josua het die sesde lootjie getrek, en die families in die Naftali-stam het toe hulle grond gekry. 33Die grens van hulle grond begin by die stad Gelef, by die groot boom by die stad Saänannim, en dit gaan verby die stede Adami-Nekeb en Jabneël tot by die stad Lakkum, en dan tot teen die Jordaan-rivier. 34Dan draai die grens wes na die stad Asnot-Tabor en dit gaan van daar na die stad Gukok, en verder tot teen die Jordaan-rivier oos van die land Juda. Die grond van die Sebulon-stam is suid van die grond van die Naftali-stam, en die grond van die Aser-stam is wes van die grond van die Naftali-stam. 35Daar was ook stede wat sterk mure het, hulle was: Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret, 36Adama, Rama, Hasor, 37Kedes, Edreï, En-Gasor, 38Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes. Hulle het 19 stede en die dorpies daar naby gekry. 39Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Naftali-stam.
Die grond van die Dan-stam
40Josua het die sewende lootjie getrek, en die Dan-stam het hulle grond gekry. 41Die stede wat aan hulle behoort het, was Sora, Estaol, Ir-Semes, 42Saälbim, Ajalon, Jitla, 43Elon, Timna, Ekron, 44Elteke, Gibbeton, Baälat, 45Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon, 46Me-Jarkon, Rakkon, en ook die grond naby die stad Joppe. 47Die Dan-stam het hulle grond verloor en hulle het toe die stad Lesem aangeval en oorwin. Hulle het die mense van die stad doodgemaak. Hulle het die stad vir hulleself gevat en hulle het daar gaan woon. Hulle het Lesem se naam verander, hulle het die stad “Dan” genoem, dit was soos hulle voorvader Dan se naam. 48Hierdie stede en die dorpies daar naby het behoort aan die families in die Dan-stam.
Josua kry 'n stuk grond
49Nadat die Israeliete klaar vir elke stam sy deel van die land gegee het, het hulle vir Josua ook 'n stuk grond tussen hulle gegee. 50Die Here het gesê hulle moet vir Josua die stad gee wat hy vra. Dit was Timnat-Serag in die Efraim-berge. Josua het die stad reggemaak en hy het daar gaan woon.
51Dit was al die grond wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde vir die Israeliete gegee het. Hulle het lootjies getrek voor die Here in die stad Silo, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

Tans Gekies:

Josua 19: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan