Maar, my vriende, julle moet aanhou om mekaar te help en te bemoedig. Julle moet mekaar bou soos mense 'n huis bou. Die goeie boodskap wat van God kom, moet die fondament wees. Julle moet luister na die Heilige Gees wanneer julle bid. God is lief vir julle, daarom moet julle mekaar goed oppas. Julle moet dit doen terwyl julle wag dat ons Here Jesus Christus vir julle die ewige lewe sal gee. Hy sal dit vir julle gee omdat Hy goed wil wees vir julle.
Lees Judas 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Judas 1:20-21
5 dae
Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes oor gebed. Elke dag het ’n spesifieke onderwerp, soos vergifnis, die belangrikheid van stiltetyd, en die rol van die Heilige Gees in ons lewe. Elke dag eindig met ’n kort gebed en ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Here, hoor U my?”.
7 dae
Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beskikbaar. Leer meer oor die Heilige Gees in hierdie 7-dag-leesplan deur evangelis Angus Buchan uit sy dagboek AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-brigade! Moenie die negatiewe gevoelens en bekommernisse in jou hart toelaat nie en onthou: God se skouers is breed genoeg om die hele wêreld se kommer te dra – ook joune!
8 Dae
“Stry vir die geloof” sê hierdie kort maar direkte brief van Judas aan Christene wat stry teen valse leraars wat ongemerk by die kerk ingesluip het. Reis daagliks deur Judas terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's