Lukas 14:28-30

Lukas 14:28-30 ABA

'n Mens moet voor die tyd weet hoeveel iets gaan kos. 'n Man wat 'n wagtoring wil bou, moet eers gaan sit en dink hoeveel dit sal kos, hy moet kyk of hy genoeg geld het om dit klaar te bou. As hy nie genoeg geld het nie, dan sal hy net die fondament kan bou, hy sal nie die toring kan klaar bou nie. Almal wat dit sien, sal hom spot en sê: ‘Hierdie man het begin om iets te bou, maar hy kon dit nie klaarmaak nie.’