Lukas 15:20-22

Lukas 15:20-22 ABA

Hy het toe opgestaan en hy het na sy pa toe gegaan. Toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien en sy pa was baie jammer vir hom. Hy het na sy seun toe gehardloop en hy het sy arms om sy seun se nek gesit en hom gesoen. Toe sê die seun vir sy pa: ‘Pa, ek het sonde gedoen teen God en teen jou. Ek is nie meer goed genoeg om jou seun te wees nie.’ Maar sy pa het vir die slawe gesê: ‘Bring gou die beste klere en trek dit vir hom aan. Sit 'n ring aan sy vinger en trek vir hom sandale aan.