Jesus en sy dissipels het naby Jerusalem gekom, by die dorpie Betfage op die Olyf-berg. Jesus stuur toe twee van sy dissipels en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorpie hier voor julle, julle sal 'n donkie en haar vulletjie kry. Julle moet die donkie losmaak en hulle na My toe bring. En wanneer iemand vir julle iets daaroor sê, dan moet julle sê: Die Here wil hulle gebruik, maar Hy sal hulle dadelik weer terugstuur.” Dit het alles gebeur sodat dit waar kan word wat die Here gesê het toe Hy die profeet gestuur het. Hy het gesê: “ Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe. Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op 'n jong donkie, 'n donkie-vul.” Die twee dissipels het toe gegaan en hulle het gedoen wat Jesus vir hulle gesê het. Die dissipels het die donkie en haar vulletjie gebring en hulle het van hulle klere oor die donkies gegooi. Jesus het op die donkie gaan sit. Daar was baie mense. Hulle het van hulle klere oopgegooi op die pad. Ander mense het takke van bome afgekap en hulle het dit op die pad gegooi. Die groot klomp mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê: “Prys die Seun van Dawid! Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen! Prys God in die hoogste hemel.” Toe Jesus in Jerusalem kom, het almal in die stad baie opgewonde geword en gevra: “Wie is hierdie man?”
Lees Matteus 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 21:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's