Filippense 2:3-7

Filippense 2:3-7 ABA

Wanneer julle iets doen, dan moet julle dit nie doen omdat julle selfsugtig is of omdat julle dink julle is baie belangrik nie. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet dink ander gelowiges is belangriker as julleself. Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink. Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het: Hy was dieselfde soos God, maar Hy het nie gedink dat Hy altyd moet aanhou om so belangrik soos God te wees nie. Hy het Homself verneder en Hy het geword soos 'n slaaf, Hy het 'n mens geword soos ons. Toe Hy 'n mens geword het