Filippense 2:8-11

Filippense 2:8-11 ABA

het Hy Homself nog meer verneder, Hy was gehoorsaam en Hy het gesterf. Ja, Hy het aan die kruis gesterf. Daarom het God Hom belangrik gemaak, baie belangrik. En God het vir Hom 'n Naam gegee, die belangrikste van al die Name, die Naam “Here.” Daarom sal almal vir Jesus aanbid, almal in die hemel en op die aarde en onder die aarde. Ja, al die mense sal sê hulle glo dat Jesus Christus die Here is, en so sal hulle vir God die Vader prys.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Filippense 2:8-11