Filippense 3:15-19

Filippense 3:15-19 ABA

Ons almal wat vas glo, moet so dink. As een van julle nie so dink nie, dan sal God vir julle help om reg te dink. Ons het tot nou toe die regte dinge gedoen. Ons moet aanhou om dit te doen. Vriende, julle moet lewe soos ek lewe en julle moet kyk hoe lewe die mense wat lewe soos ek. Ek het vir julle gesê en ek sê nou weer vir julle met trane in my oë: Daar is baie mense wat sê die kruis van Christus beteken niks. Daardie mense gaan hel toe. Hulle dink om te eet is die belangrikste ding in die lewe. Hulle is trots op die slegte dinge wat hulle doen. Hulle dink altyd aan die dinge van die wêreld.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Filippense 3:15-19