Psalms 65

65
U sorg vir die aarde
1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
2O God, ons wil stil wees voor U,
ons wil U prys in Sion,
ons wil doen wat ons vir U belowe het.
3Dit is U wat luister wanneer mense tot U bid.
Al die mense wil na U toe kom
4om te bely dat hulle sondaars is.
Ons sondes is vir ons te veel om te dra,
dit is U wat ons sondes moet wegneem.
5Dit gaan goed met iemand
wanneer U hom kies
en hom laat nader kom
om voor u tempel te staan.
Hy sal genoeg kry van al die goeie dinge
in u tempel, u gewyde woonplek.
6Wanneer U reg doen aan ons
en vir ons antwoord,
dan doen U wonderlike dinge,
U, die God wat ons red.
Al die mense weet dat U sal help,
al die mense in die verste plekke op die aarde
en ver anderkant die see.
7U is sterk, sterker as alles en almal,
U het die berge neergesit op hulle plek.
8Wanneer U praat, dan word die see en sy branders stil,
en die volke hou op om te raas.
9Die wonderwerke wat U doen,
laat die mense op die hele aarde bang word.
U laat hulle vrolik sing in die ooste en in die weste.
10U sorg vir die aarde, U gee die reën,
U maak die grond baie vrugbaar.
'n Groot stroom water kom van U
en U laat die koring groei,
ja, U doen dit alles.
11U laat dit baie reën in die koringlande,
daar is baie water waar die mense geploeg het.
U maak die harde stukke grond nat,
dit word sag van die reën.
U laat die plante groei.
12U maak dit 'n mooi jaar,
alles groei goed, oral waar U gaan.
13Die weivelde is vol gras,
die heuwels juig.
14Die veld is vol skape en bokke,
die valleie is vol koring,
die mense skree, hulle sing.

Tans Gekies:

Psalms 65: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan