Openbaring 1:17-18

Openbaring 1:17-18 ABA

Toe ek Hom sien, het ek op die grond voor sy voete geval, ek het daar gelê soos iemand wat dood is. Maar Hy het sy regter-hand op my gesit en vir my gesê: “Jy moenie bang wees nie, want Ek is die Eerste en die Laaste, Ek lewe altyd. Ek het gesterf, maar nou lewe Ek! Ja, Ek lewe altyd. Ek het die sleutels om die plek oop te sluit waar die mense is wat gesterf het, Ek kan die mense in die doderyk weer laat lewe.