Openbaring 12:3-4

Openbaring 12:3-4 ABA

En ek het gekyk en ek het nog 'n teken in die hemel gesien: Daar was 'n groot draak! Die draak was baie rooi en hy het sewe koppe en tien horings gehad. Daar was sewe krone op sy koppe. Die draak het sy stert gebruik en hy het een derde van die sterre in die lug afgeruk en op die grond gegooi. Hy het gaan staan voor die vrou wat besig was om 'n kind te kry. Die draak wou die kind opvreet wanneer die kind gebore word.