Openbaring 14:9-11

Openbaring 14:9-11 ABA

'n Derde engel het gekom. Hy het hard geskree en gesê: “God sal die mense straf wat die dier en sy beeld aanbid, die mense wat die dier se merk op hulle voorkoppe of op hulle hande het! God is baie kwaad vir hulle. Hy sal hulle straf en Hy sal vir hulle die beker van swaarkry laat drink. Hy sal hulle seermaak met vuur en swael. God se engele en die Lam sal dit sien gebeur. Die vuur wat hulle seermaak, hou aan om altyd te brand, en hulle kan nooit rus nie, nie in die dag nie en ook nie in die nag nie. So sal dit gaan met almal wat die dier en sy beeld aanbid en wat die merk van sy naam gekry het.”