Openbaring 8:10-11

Openbaring 8:10-11 ABA

Die derde engel het sy trompet geblaas. Toe val 'n groot ster uit die lug. Dit het gebrand soos 'n fakkel. Die ster het geval op een derde van die riviere en fonteine. Die ster se naam was Wilde-als. Een derde van die water het so bitter soos wilde-als geword, en baie mense het gesterf van die water, want dit het bitter geword.