Ek sê vir julle: Christus het gekom om die Jode te dien sodat almal kon weet dat God doen wat Hy belowe het. God het goeie dinge belowe vir die voorvaders van die Jode, en Christus het kom wys dat God doen wat Hy vir hulle belowe het. Christus het ook gekom sodat die heidene God kan prys omdat God goed is vir hulle. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Daarom, ek sal U prys sodat die heidene dit kan hoor, ek sal sing oor u Naam. En op 'n ander plek in die Ou Testament is geskryf: Julle heidene moet bly wees saam met die volk wat aan die Here behoort! In die Ou Testament is daar ook geskryf: Al die heidene moet die Here prys, al die mense moet Hom prys. En Jesaja sê: Die koning wat van die nageslag van Isai is, sal kom, en hy sal begin om oor die heidene te regeer, die heidene sal weet dat hy hulle sal red. God laat mense aanhou hoop. Ek bid dat Hy vir julle bly sal maak en dat Hy vir julle vrede sal gee, vir julle wat glo. Dan sal die Heilige Gees vir julle krag gee, en julle sal baie seker wees dat die dinge wat julle hoop, sal gebeur.
Lees Romeine 15
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Romeine 15:8-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's