1 Korinthiërs 15:3-9

1 Korinthiërs 15:3-9 AFR20

Want die wesenlike wat ek ontvang en ook aan julle oorgelewer het, is: •Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte; en Hy het aan Sefas verskyn, en toe aan die twaalf. Daarna het Hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, van wie die meeste nou nog leef, maar sommige al ontslaap het. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn, en toe aan al die •apostels. As die laaste van almal het Hy ook aan my, die misgeboorte, verskyn. Want ek is die geringste van die apostels, nie geskik om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die •gemeente van God vervolg het.